Oor CAIROO Opvoedkundige Sagteware

CAIROO Education (Pty) Ltd, Ontwikkel en Bemark onder die naam van die CAIROO merk. Bewese Opvoedkundige Sagteware sedert 1987 in Suider Afrika lande soos Suid-Afrika, Namibië, Zambië, Mosambiek, Swaziland en Lesotho.

Nou 34 jaar later, is hierdie opvoedkundige modules ontwikkel met die nuutste tegnologie en internasionale tendense in skolastiese onderrig met die voordeel van rekenaartegnologie.

Met al ons ondervinding het Cairoo een van die mees suksesvolle opvoedkundige produkte in Suider-Afrika geword. Die CAIROO Opvoedkundige sagteware word tans in meer as 6 500 skole en tersiêre instellings, sowel as duisende huise op 'n daaglikse basis gebruik. Daar word konserwatief geskat dat meer as 750 000 leerders die Cairoo Opvoedkundige Sagteware tot in 2014 gebruik het.

Sedert die begin het Cairoo voorsiening gemaak vir leerders met beide vinnige en stadige leervermoeëns en verskillende kulture en agtergronde. Die ingeboude diagnostiese beheerstelsel (Uniek tot Cairoo sagteware) is so ontwikkel dat dit outomaties by elke student se eie tempo van leervermoeë aanpas. Daarbenewens is daar verskeie hulpfunksies beskikbaar met elke lukraak gegenereerde vraag. Die hulp funksie help die student om stap vir stap deur probleemoplossings en tegnieke te werk. Hierdie belangrike hulpmiddel verseker deurlopende verbetering in resultate. Die pro-aktiewe opvoedkundige sagteware help leerders om uitdagings met meer selfvertroue te hanteer en beter voorbereid te raak in ons vinnig veranderende wêreld.

Ander voordele sluit in die gebrek aan druk op die leerder en geen reis na ekstra klasse of privaat lesse, met minimale insette van die ouers.

Die feit is dat die sukses van hierdie Opvoedkundige programmatuur leerders in staat stel om met ten minste tien tot dertig persent per kwartaal te verbeter.

Voortgesette opgradering van die bestaande Opvoedkundige Sagteware saam met die toekomstige ontwikkeling sal verseker dat ons die leiers op die gebied van Opvoedkundige Sagteware bly.